Smutsies en hertzoggies verwys na die koekies wat gebak is om die voormalige eerste ministers J.B.M. Hertzog en Jan Smuts te vereer. Maar het jy geweet dat die Moesliemvroue van die Bo-Kaap ’n proteskoekie genaamd ’n tweegevreetjie geskep het toe Hertzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het? Gholfspelers streef almal daarna om ’n voëltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook ’n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van ’n skuifie en wanneer is dit skyfie? Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van België Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op ’n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard?...
No biography available for this author.