Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799379532
Published: June 2016
Imprint: Romanza
Page Extent: 124
Format: e-Book
RRP 90.00

Droom saam met my

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Sanrie kom hopeloos laat vir ’n werksonderhoud by Nel en Vermaak argitekte en verbeur nie net haar kans op ’n werk nie, maar ook om ’n beurs los te slaan. Sy maak boonop ’n gek van haarself voor Boshoff, die mooiste man wat sy nog ooit gesien het.

Boshoff en Barnard se ma Carla red haar uit haar verknorsing, salig onbewus daarvan dat Sanrie haar hart op Boshoff verloor het. Tannie Carla glo Sanrie is die ideale vrou vir Barnard …

Droom Sanrie tevergeefs? Sy staan tog eintlik nie ’n kans met die verleidelike Monika wat Boshoff mooi in haar kloue het nie. En wie is die enigmatiese sender van die laventelblomme wat klokslag op Sanrie se lessenaar beland?

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×