In ruil vir ’n hart
Zac Meyer is veeleisend; stiptelikheid en intelligensie is sy groot vereiste. En ’n beeldskone vrou aan sy arm. Én, natuurlik, Nelliesbaai.
In dié prentjie pas Zanne nie. Sy’s doodgelukkig … wel, doodtevréde as sy die wêreld in fokus deur haar bril waarneem, as haar potplante water het en as sy saans die komme en gane op die aandelemark kan dophou.
Sy speel sekretaresse vir Zac, ja, al stotterend en stamelend, red sy selfs sy lewe. Sy weet sy is ’n ou valetjie, maar sý is gelukkig.
Totdat die noodlot ingryp en Zanne se lewe op sy kop keer. Sy weet skaars waar sy is en glad nie waar Zac staan nie …
Onweerstaanbare kok
Armand Retief is ’n selfversekerde, egoïstiese, klasbewuste snob. ’n Onaangename...
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more