Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 3-6 Years, Children's Non-Fiction, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9780639609652
Published: October 2021
Imprint: LUCA
Page Extent: 40
Format: e-Book
RRP 130.00

Jeremia en die amandelboom

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Gebaseer op die Bybelse verhaal van Jeremia se roeping, vertel hierdie pragtige prenteboek die storie van ’n jong Jeremia wat met spraak gesukkel het totdat die Here hom aangeraak en ’n amandeltak as belofte gewys het. Nie net is hierdie storie pragtig en toeganklik geskryf soos net Wendy Maartens kan nie, maar die boek bevat ook inligting en hulpbronne vir ouers en onderwysers om te help met spraakontwikkeling in kleuters. Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is vir die Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.

About the Author

Wendy Maartens

Wendy Maartens

Wendy Maartens woon tans in Melkbosstrand. Wendy se passie is om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan. Haar volksverhale, legendes en ware stories tot heldeverhale, dierestories en spookstories trap diep spore in die literêre storielandskap van bewaring, Sy bemagtig kinders om die uitdagings van elke dag d.m.v. stories die hoof te bied. Ander titels van Wendy wat onlangs verskyn het: Jeremia en die Amandelboom, Ek lees self reeks, My hart is oppi plaas!, Donkie se lang pad dorp toe en vele meer.

Read more

More titles by this author

×