Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 9-12 Years, Children's Non-Fiction, Graphic Novels, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9781432311322
Published: October 2020
Page Extent: 96
Format: e-Book
RRP 130.00

Kaptein Pipskwiek

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem ...

About the Author

François Bloemhof

François Bloemhof

François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien is hy al skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien skryf hy baie suksesvol en uitgebreid vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.

Read more
Shaun Samuel

Shaun Samuel

No biography available for this author.

More titles by this author