Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap. Op ’n wynplaas buite Stellenbosch woed ’n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas? Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie verskrokke) held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en geregtigheid te laat seëvier. Prikkelende karakters. Verrassende situasies. Gevaar. Humor. Moord … Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit? Of is die eise van sy tweede saak te straf?
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien is hy al skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien skryf hy baie suksesvol en uitgebreid vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte.