Esti de Beer se nuwe buurman is steeds onmoontlik aantreklik, maar Omar is nie meer die verliefde tienerseun wat in die vervalle huis langs hare woon nie. Hy is nou ’n kosmopolitaanse prokureur wat nie uit haar sake kan bly nie. Omar met sy ongevraagde besorgdheid herinner haar aan ʼn tyd toe sy werklik gelukkig was, maar ook aan ʼn aand wat sy eerder wil vergeet. Omar de Vries onthou vir Esti goed… Inteendeel, hy kon nie die snobistiese buurmeisie wat hom om haar pinkie gedraai het uit sy gedagtes kry nie. Die noodlot het haar terug gebring na Jagersville, maar hoe gaan hy haar dié keer laat bly?
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more