Platsak moet rykmansdogter Esté oorleef, haarself bewys. Sonder haar ontwerpersklere, -skoene, sportmotor. Schalk Brink word haar baas, ’n man wat vroue vir brekfis opeet. En Esté moet net keer. Sy vlam mag haar nie ook skroei nie.
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more