Wenner van die ATKV-Woordveertjie vir Romanse
Eldri Immelman se skatryk ouers word deur joernalis Dewald ontmasker as bedrieërs wat jare lank hulle beleggers se geld steel. Hulle vlug en Eldri moet vir hulle keuses boet. Teen Dewald se sin gaan Eldri saam na sy wildsplaas om sy ma te versorg en besef hy dat sy baie meer kompleks is as wat hy aanvanklik gedink het. Hy besef ook dat hy halsoorkop verlief op dié wispelturige rooikop is, maar hierdie ding met haar ouers bly tussen hulle. Daar is net een oplossing: Hulle sal moet leer om mekaar te vertrou vir ’n kans op vir altyd.
Elize Davies was ’n taaljuffrou en het haar Engelsman in Vanderbijlpark ontmoet. Vier kinders, baie vreugde, hartseer, liefde en lewenslesse later woon sy en haar man tans in Skotland.
Read more