Sy is nie te koop nie, al is dit vir ’n halfmiljoen rand!
Stefanie de Villiers kry ’n onverwagse aanbod van haar kliënt, Madeleine
Ebersöhn, af: Sy moet met renjaer Emille Ebersöhn trou. In ruil kry sy ’n groot
som geld, Emille en sy ma verloor nie hul miljoene nie, en almal kry ’n gelukkige
einde.
Stefanie lag dit af. Sy is nie te koop nie, al is dit vir ’n halfmiljoen rand en net vir
’n tydperk van ses maande. Boonop stel sy ook nie in ’n man belang wat met sy
lewe speel nie, want dis wat renjaers doen. Hulle is wild en dink hulle is onsterflik
en onaantasbaar. Emile het egter ander planne vir Stefanie wanneer grendeltyd
aangekondig word en hulle ’n huis moet deel.
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more