Samantha, ’n joernalis, word onder valse voorwendsels die onweerstaanbare modeontwerper Streiger se assistent. Haar redakteur se opdrag was dat sy besonderhede oor hom moet uitvis vir ’n artikel. Maar Samantha verloor haar hart op hom …
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more