Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799359589
Published: March 2013
Imprint: Romanza
Page Extent: 116
Format: e-Book
RRP 90.00

Miljoenêr in ’n teekoppie

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Abigail het die modelwêreld vaarwel toegeroep en teruggekom Suid-Afrika toe. Sy is so welaf dat sy nooit weer hoef te werk nie. Maar iets kort: ’n kind, en daarvoor het sy ’n man nodig. Wel, dan is dit maar internet toe met die model: Partners, waar mens ’n maat vind. Maar dit moenie ’n aantreklike man wees nie, want só ene is almal se man, het sy tot haar bitterheid uitgevind. Daarom is dit ’n probleem dat die man in wie se lewe sy beland, so ’n aantreklike derduiwel is. En ’n gentleman daarby. En hy hou van kinders. Hou verby, besluit sy, hy is te goed om waar te wees.

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×