Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799359527
Published: February 2013
Imprint: Romanza
Page Extent: 121
Format: e-Book
RRP 90.00

Miljoenêr van harte

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Robyn en haar vriendin moet vir ’n week in ’n vyfsterhotel tuisgaan op die hoteleienaar se koste. Dis ook net reg want hulle huurhuis, wat ook aan sy familie behoort, word opgeknap. Nie dat Robyn veel erg het aan die luuksheid waarvan sy meteens omring is nie. Sy is ’n verpleegsuster, ’n gewone meisie wat in eenvoudige dinge haar plesier vind. Dis net ietwat ontstellend dat die hoteleienaar haar hart op loop sit. En des te erger dat hy blykbaar al sy potensiële trouvroue in hierdie hotel bymekaar het om ’n keuse te maak. Die vermetelheid! Wel, dis te sê as haar inligting korrek is. Want hy maak net te veel op haar tyd aanspraak …

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×