Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799354171
Published: February 2013
Imprint: Romanza
Page Extent: 117
Format: e-Book
RRP 90.00

Mooiste man

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

Hy’s ’n mooi man. Te mooi. En mooi mans maak seer, vernietig. Het Frans dit nie deur en deur bewys nie? Nou is daar weer so ’n man in Zenlee se lewe, te mooi om waar te wees. Sy wil nie betrokke raak nie, maar as au pair vir Bismarck Nel se dogtertjie, word sy noodgedwonge deel van sy lewe. Hulle het al twee skanse om hulle gebou, met ’n verlede wat albei vir naby kontak laat koes. Sal sy ooit aanvaar dat ’n man soos Bismarck ook eerbaar kan wees; dat nie almal hulle aantreklike gesigte gebruik om vroue te manipuleer nie?

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×