Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste enkoudste avontuur nog — ’n kajakvaart rondom Ysland! In hierdie avontuur sluit Dan Skinstad, wat dapper die uitdagings vanligte serebrale verlamming trotseer, by Riaan aan. Saam pak hulle ’nkajakreis deur die ysige water van Ysland aan, waar hulle massiewegolwe, stormagtige winterweer en selfs ’n aktiewe vulkaan trotseer. Met stories wat jou hare sal laat reggop staan, en illustrasies wat jou sallaat skaterlag, vang hierdie boek die hart van avontuur vas teen dieontnugterende, beeldskone agtergrond van Ysland. Maak jouself gereed vir ’n avontuur wat jou hart uit jou borskas sal laatspring van opwinding!
Riaan Manser het opslae gemaak toe hy die eerste een in die wêreld geword het om met ’n fiets reg rondom die Afrika-kontinent te ry. Dié reis het hom presies twee jaar, twee maande en vyftien dae geneem – sonder hulp en stoksielalleen. Manser se prestasie het aan hom die titel “Out There Adventurer of the Year 2006” besorg. Jy kan alles oor sy ongelooflike avonture in sy boeke lees!
Read more
No biography available for this author.
Martinus van Tee is ’n spotprenttekenaar, skilder en illustreerder. Hy spesialiseer in humoristiese illustrasie, en lewendige karikature, en werk in digitale en tradisionele media.
Read more