1808, Engeland.
Wanneer Eloise Clark ʼn beseerde man langs die pad probeer help, kom sy van aangesig tot aangesig te staan voor iets wat slegs as ʼn wolf beskryf kan word. Dis
ʼn skrikwekkende ervaring, maar dit bring haar in aanraking met baron Wesley
Bloodsworth en Eloise verloor haar hart op ʼn man wat net goed vir haar is.
Wanneer sy egter met die waarheid van sy werklike aard gekonfronteer word, moet sy haar vrese en vooroordele te bowe kom. En sy moet ʼn keuse maak.
Luister sy na haar hart of na haar verstand?
Magdaleen Walters het tale by Kovsies gaan studeer nadat sy met mieliepap en stories op ’n Vrystaatse plaas grootgeword het. Deesdae woon sy en haar man langs ’n rivier naby Bronkhorstspruit waar sy stories skryf, naaldwerk doen, kosmaak en tuinmaak.
Read more