Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100 vir fiksieverkope.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Dina Botha se vorige Romanzas, Sy rooikopbaas, Liefste Willemientjie en Liefdeskrale.
Sy rooikopbaas:
Voor Sandra haar oë uitvee, sit sy met ’n manlike “sekretaresse” – Ryk Willemse. Maar haar firma word skielik bedreig, Oumsie soek verbete vir haar ’n man, en sy begin wonder: Is sy ’n verstokte oujongnooi, mannetjiesagtig, ’n rooikopheks?
Liefste Willemientjie:
Wilmien het lankal vergeet om aan haarself te dink. Ná haar ouers se dood moet sý sorg, voog van haar vyf broers en suster wees, boer – al maak Rhys du Randt...
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more