DIE BOEK
“Niemand boer met walvisse in die Vrystaat nie.”
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal.
Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai ... Of dalk nie vir lank nie.
Ouma Mollie wil nou op ’n plaas gaan bly – saam met haar sussie, tannie Kietie.
Maar die moeilikheid volg ouma Mollie waar sy gaan.
- Sy verloor haar valstande.
-Sy probeer ’n koei melk.
-Dinge loop verder skeef toe ’n windpomp haar gryp.
-O ja, en dan is daar die probleem met die walvis op die plaas ...
Gelukkig is Nina, Simon en Blapsie daar om te help. Maar sal hulle dit hierdie keer regkry?
Wat maak hierdie boek...
Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boek BreinBliksem wen die Goue Sanlamprys vir jeuglektuur en ook die MER-prys vir jeuglektuur. Onderwêreld is met die Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon. Hy het ook al ‘n rits ATKV-Woordveertjies en ‘n M.E.R.-prys ingepalm. Hy het die LAPA se jeugromankompetisie alreeds drie keer gewen met sy boeke Offers vir die vlieë, Ons laaste legendariese somer en Die seun met die swaeltjie. Offers vir die vlieë ontvang ook ‘n ATKV-Woordveertjie toekenning (2019) en word met die Scheepersprys vir jeuglektuur (2022) bekroon.
Read more
Johann Strauss is an expert when it comes to illustrations for children's books. This talented illustrator illustrated all the books in the Ben- and Lea-series.
Read more