Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Fiction, Historical Fiction, Local Fiction, Adult, New Releases
ISBN: 9780637003179
Published: May 2026
Page Extent: 560
Format: Paperback
RRP 350.00

Rebekka van Kameeldoornplaas

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Tussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde.
Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwongedie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë...

About the Author

Irma Joubert

Irma Joubert

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel. Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug kokerasies. Haar gunsteling vakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, Afrika-boendoes.

Read more

More titles by this author

×