Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776359134
Published: July 2023
Imprint: Romanza
Page Extent: 192
Format: e-Book
RRP 95.00

Roekeloos verlief

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Steffie Fritze, eienaar van mobiele troeteldierspa wil beslis nie op die rak bly sit nie, maar haar pogings om die regte lewensmaat te kry, loop telkens op ’n ramp uit.

Toe haar pad met die van speurkaptein Ivan von Beneke kruis, is sy in groot moeilikheid, nie net met die gereg nie, maar ook omdat sy blote aanraking haar hartritme roekeloos aantas. Probleem is: hy dra steeds sy oorlede vrou se trouring en klou vas aan haar vlekkelose nagedagtenis.

Steffie is die teenoorgestelde van sy oorlede vrou en bots heeltyd met die gereg. Sy bly hoopvol, want Ivan se Duitse herdershond, Max, is darem gaande oor haar.

About the Author

René van Zyl

René van Zyl

René van Zyl is ’n skrywer, blogger, oudjoernalis, en aweregse Mevrou Dominee. Sy en haar predi-kantman het twee volwasse dogters en ’n breingestremde seun. Hulle woon op ’n plaas in die skadu van die Magaliesberg op Hartbeespoort.

Read more

More titles by this author

×