Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee is ’n rusbankreis deur die wêreld vir die van ons wie se wanderlust nog nie tot uitbarsting gekom het nie. Dus, sit terug en kom kuier saam met Farnese, Libië, Haïti, die Midde-Ooste, Hongkong, Finland, Chili, Afghanistan, Irak, Papoea-Nieu-Guinee, Reni in Oekraïne, en nog baie ander vreemde plekke.
Ilse Salzwedel is 'n bekende vryskutjoernalis van Johannesburg, met jare se ervaring van die Suid-Afrikaanse media. Sy is aanbieder van Skrywers en boeke wat weekliks op RSG uitgesaai word. Sedert 2011 het sy vier boeke gepubliseer: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee Bloedsusters Die onvertelde stories van Afrikaans en Selna Visser: my hel in Dubai. Sy het verskeie toekennings vir haar skryfwerk ontvang.
Read more