Hul liefde hou soet beloftes in ...Benjamin Streiger word onverwags voog vir sy oorlede broer se drie kinders. Kinders is nie deel van sy onmiddellike planne nie en hy sukkel om hom met sy veranderde omstandighede te versoen. Lezanne Foster bevind haar as rykmansdogter ná die skielike afterwe van haar pa platsak en sonder heenkome. Sy vlug na die plattelandse dorpie, Vergesig om'n nuwe lewe te begin. Met geen opleiding of ondervinding is werk baie skaars en sy beland noodgedwonge in die Steiger-huishouding waar sy as au pair vir die aantreklike Benjamin werk.Saam is die twee nou verantwoordelik vir die versorging van die drie kinders. Omdat Lezanne verstaan wat dit beteken om'n ouer te verloor tree sy uiters beskermend teenoor die kinders op — tot Benjamin se argwaan én...
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more