Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir ’n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: sy mag dalk net sy ondergang beteken.
Jacolet van den Berg studeer eers BSc. Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en maak dan ʼn wye draai van Londen tot Johannesburg voor sy en haar gesin hul voetholte in die Paarl vind. Haar onbehoorlike, kleintyd liefde vir stories en Afrikaans motiveer haar om haar hand uiteindelik in 2008 aan skryf te waag. Terwyl sy, haar man en hul drie seuns hul droom in die Boland leef, skryf sy verskeie liefdesverhale, romans en jeugboeke. Vir haar is die sprong tussen volwasse- en jeugfiksie pure genot.
Read moreMadelie het uit die onderwys getree om iets te doen wat haar vreugde verskaf – om liefdesverhale te skryf. Sy woon tans in die Bosveld waar sy en haar man hul eie liefdesverhaal uitleef.
Read more