Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children 9-12 Years, Children's Non-Fiction, Klaskameraad, Local Non-Fiction, Afrikaans
ISBN: 9780639602134
Published: July 2021
Page Extent:
Format: MP3 format
RRP 230.00

Thomas@rock-ster.net

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
MP3 format

Buy from..

About the book

Thomas@rock-ster.net is ’n radikale boek wat rock! Dit teiken jong lesers met tegnologiese behoeftes en belangstellings. Maar die boek is anders as enige jeugboek wat al ooit in Afrikaans verskyn het. Dit bring aan die leser ’n geïntegreerde leeservaring met opwindende ekstras soos: QR-kodes wat jou lei na ’n foto, klankgreep en video; ’n Spesiale MXit-kanaal net vir Thomas en sy vriende; Thomas en Thabo se nuwe gunstelingspeletjie, Fangs; die Radikale Rockfees se webblad waar jy self ’n rock-ster kan word en jou eie musiek kan meng; die gedrukte boek lei die leser na elektroniese platforms wat die storie en teks ondersteun en die leeservaring verryk. Die teks kry lewe.

About the Author

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.

Read more
Hendrik Nieuwoudt

Hendrik Nieuwoudt

No biography available for this author.

More titles by this author

×