Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children 9-12 Years, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Kinder & Jeug
ISBN: 9780639602158
Published: April 2021
Page Extent:
Format: MP3 format
RRP 230.00

Thomas@skaduwee.net

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
MP3 format

Buy from..

About the book

Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister...

About the Author

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.

Read more
Hendrik Nieuwoudt

Hendrik Nieuwoudt

No biography available for this author.

More titles by this author