Vir die grootste gedeelte van sy bewind is die Nasionale Party-regering gesteun en onderhou deur die direkte betrokkenheid van sy veiligheidsmagte. Gewone landsburgers het geen idee gehad waar voor hul belastinggeld aangewend word nie – die befondsing van onortodokse en selfs onwettige operasies wat alles van internasionale propagandaveldtogte tot die aktiwiteite van plaaslike moordbendes ingesluit het. Vanuit die gevreesde geledere van die Veiligheidspolisie, die sinistere Burgerlike Samewerkingsburo, die alombekende BOSS en die magdom frontmaatskappye wat gestig is om die wapenembargo en ekonomiese sanksies te omseil, is Suid-Afrika in die grootste geheimhouding regeer. Dit was die regering se Totale Strategie teen die vyand se Totale Aanslag. ’n Handjievol gedugte...
De Wet Potgieter has been a reporter for 38 prolific years, working in English (Sunday Times) and Afrikaans (Beeld), and both in print and television. he is the author of Contraband-South Africa and the Illegal Trade in Ivory and Rhino Horn, Total Onslaught and The Eleventh Hour.
Read more