Die grootste en omvattendste fotogids van Suider-Afrika se voëls in een boekdeel, dié boek verleen ’n nuwe dimensie aan die uitkenning van voëls in die streek. Dit beskryf en illustreer al 958 voëlspesies plus 17 spesies van Antarktika en die eilande van die Suidelike Yssee. Meer as 2 500 kleurfoto’s wys verekleedverskille en kleurmorfe. Die teks fokus op uitkenning, roepe, habitat, status, broeibesonderhede en kos. Verspreidingskaarte wys stand- en trekvoëlstatus en voëldigtheid, en kalenderbalke wys wanneer spesies broei. ’n Onontbeerlike metgesel in die veld.
Ian Sinclair is recognised as one of Africa’s foremost field birders and has lead many expeditions to find and research birds. He is the most published author on the birds of Africa and its adjacent islands and has written over 20 bird books.Ian Sinclair word erken as een van Afrika se voorste voëlkykers en het talle ekspedisies gelei om voëls op te spoor en na te vors. Hy is die mees gepubliseerde skrywer oor die voëls van Afrika en aanliggende eilande met meer as 20 voëlboeke agter sy naam.
Read morePeter Ryan is Director of the Percy FitzPatrick Institute of African Ornithology at the University of Cape Town. He is a keen bird photographer and has travelled widely in pursuit of birds. He is also the author and co-author of several books on birds and on Subantarctic Islands.
Read more