Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781415208885
Published: November 2015
Page Extent: 288
Format: e-Book
RRP 160.00

Voëlvry

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op ’n plaas in Namibië. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe.

Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake ’n dramatiese wending. Dié nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat.

Intussen is ’n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die...

About the Author

Piet van Rooyen

Piet van Rooyen

Piet van Rooyen is die skrywer van sewe romans en vier poësiebundels. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, wen die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisiein 1993. Hy ontvang hiervoor ook die cna-prys vir 'n debuutroman. Die olifantjagters verskyn in 1997 en dié roman ontvang in 1998 die M-Net-prys. Ander romans sluit in Gif (2001), Die brandende man (2002), Akwarius (2005), Etosha (2010) en Rodriguez (2012). Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.

Read more

More titles by this author

×