Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799355734
Published: July 2012
Imprint: Romanza
Page Extent:
Format: e-Book
RRP 90.00

Vrypostige Aussie

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Sanré het nie verniet ’n graad in ingenieurswese nie. Sy staan haar stewels vol as terreinbestuurder by ’n gebou in wording. Die Australiër aan wie die nuwe gebou behoort, is egter vir Sanré ’n saak van kommer. Nie net is hy vrypostig en arrogant soos sy van ’n Australiër verwag nie, sy oë is net heeltemal te blou en daardie lang lyf net te fors. En hoekom hy so bekommerd is oor haar veiligheid, bly vir haar ’n raaisel. Sy ken mos haar werk en sy weet mos wat sy doen. Buitendien het die man vir haar tante gesê hy het uiteindelik sy droomvrou raakgeloop. Vir Sanré beteken dit net een ding: Bly weg!

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×