Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Teen, Kinder & Jeug
ISBN: 9780639602189
Published: March 2021
Page Extent: 200
Format: Paperback
RRP 240.00

Wat Werner doen met sy drie miljoen

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is...

About the Author

Tertius Janse van Rensburg

Tertius Janse van Rensburg

Tertius Janse van Rensburg is 'n siviele ingenieur van beroep, 'n besproeiingsboer en wiskundedosent. Ná sy aftrede begin hy skryf en publiseer sy eerste novelle in 2000 in Huisgenoot en skryf ook daarna 'n klomp kortverhale. Sy groot deurbraak kom toe hy as die beste debuutskrywer in LAPA se jeugromankompetisie 2019 bekroon word. Hy skryf oor gewone mense wat in gewone situasies beland. Tertius is aktief betrokke by die kerk, Gideons Internasionaal en die ATKV. Hy is gelukkig getroud en hy het drie seuns en sewe kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×