Search for your favourite author or book

Alfabet van die voels

ISBN 
9781415202258
Format 
Epub
Recommended Price 
R150.00
Published 
October 2011
About the book: 

Andre P Brink sê: "Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naude se merkwaardige bundel Alfabet van die voels tel onder die bestes in Afrikaans ... Vir enige leser wat wil bybly by wat op die voorpunt van Afrikaanse literatuur gebeur, is hierdie bundel werklik onmisbaar."

Dit is 'n boek oor ontheemding, terugkeer, die saamleef met verlies. In die storie "Die mobile" raak 'n vrou, self sterwend aan kanker, obsessief betrokke by die lot van vigslyers, verwaarloos alle verhoudings met geliefdes, en skaar haar, in haar verbete stryd teen korrupte en ellendige amptenare, by die geledere van die dooies.

"Die lawaaimasjien" en "VNLS" is albei verhale oor die saamleef met die verlies aan bande met 'n kultuur en 'n kinderverlede. Dikwels word daar in hierdie verhale 'n spanningsveld geskep tussen die bevryding van die verlede en die terughunkering daarna.

Die verhale is wyd leesbaar met prikkelende stories, ideeryk met nuwe ruimtes, gebeure en karakters.

Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Born in 1970, S. J. Naudé studied law at the universities of Pretoria, Cambridge and Columbia. He has lived and worked in New York and London. He completed an MA in creative writing under the tutelage of Marlene van Niekerk. He is the author of the Afrikaans Alfabet van die voëls.
 
SJ Naude is in 1970 gebore. Hy studeer in Pretoria en voltooi meestersgrade aan Cambridge en Columbia Universiteit. Na jare as regspraktisyn in New York en Londen keer hy terug na Suid-Afrika vir 'n meestersgraad in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Alfabet van die voëls is sy debuut.
 

Others also viewed

Own Your Industry is a guide to what you can do to position yourself as the “go-to-name...
There is nothing unusual or remarkable about the Swart family, oh no, they resemble the family...
Life’s a drag, and nobody knows that better than Bert. Bert wants to write. He also wants...
Despite the African National Congress being at the height of its powers, its future is today less...