Search for your favourite author or book

Noorman

ISBN 
9781485904175
Format 
Epub
Recommended Price 
R199.00
Published 
August 2019
About the book: 
Dit was die meisiekind, Louisa, wat sy lewe red toe hy ná daardie verskriklike deurmekaar nag in die kloof kom skuiling soek. Hier, by die waterval, doop sy hom Noorman, alhoewel hy probeer om sy verlede as skeepskaptein en soldaat tydens die Eerste Wêreldoorlog te vergeet. Ook die twee vroue uit dié donker tyd.
 
Louisa en die mense van die omgewing raak onlosmaaklik deel van sy lewe. Op die buurplaas is die boervrou skaamkwaad oor haar eerste ontmoeting met dié fors rooikopman, al het sy haar oog op die stuk grond waar hy woon.
 
’n Watertwis ná die depressie en die landswye droogte dryf Noorman se verhouding met sy bure op die spits.
 
Maar wie kon ooit die stortvloed van verandering ná die verkiesing van ’48 vir die mense van die plase om die waterval voorspel?
 
SD Fourie blaas met  Noorman  lewe in die ryk geskiedenis van die Strandveld.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

SD Fourie is die skrywer van verskeie radiodramas, rubrieke, kortverhale en kontreiverhale. Haar debuutroman,  Die Lanternswaaier,  en sy opvolg,  Die dooies leef,  is beide op RSG voorgelees.  Die Lanternswaaier  is ook in Nederlands vertaal. Sy is ’n boorling van die Strandveld, die streek wat strek vanaf die mond van die Kleinrivier tot by die mond van die Breederivier.

Others also viewed

Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet....
In the spring of 1970, a Pretoria schoolboy falls in love with Muhammad Ali. He begins to collect...
Cooking with the Kosher Butcher's wife,  became the trusted name in kosher cooking as...
Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan...