Search for your favourite author or book

Twa die tydloper

ISBN 
9781776380442
Format 
Paperback
Recommended Price 
R310.00
Published 
February 2024
About the book: 

“Ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan ’n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie.”

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop…

Twa die Tydloper  is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.

Other titles by this author 
About the Author

Anoeschka von Meck woon aan die voet van die Hantamberge, waar tyd vryevoet maak. Dikwels wanneer sy in die veld loop, kan sy nog in talle kinderdinge glo. Sy woon tans op die platteland en probeer ’n resep vir suiwelvrye kaas te vervolmaak. Sy beskou haarself as ’n interdimensionele ewigheidswese wat oortuig is ’n bonatuurlike lewe behoort die nuwe normaal te wees.

Sy debuteer met die wegholsukses Vaselinetjie, wat meer as 100 000 boeke verkoop het. Dié roman wen die Jan Rabieprys, die mer-prys vir jeuglektuur en ’n M-Net-prys. Die filmweergawe word as beste rolprent by die Silwerskermfees in 2017 bekroon en wen die titel Best Humanitarian Film by die Sedona International Film Festival in 2018.

Von Meck, wie se mense boere in die suide van Namibië was, het haar loopbaan as joernalis by Die Republikein in Windhoek begin. Sy het by verskeie koerante, insluitende Rapport in Kaap­stad gewerk. In 2014 word sy aangewys as Beste Harde Nuus-skrywer vir gemeenskapskoerante.

Haar eerste roman, Annerkant die longdrop, verskyn in 1997 en Die Ontwaking: Die lewe van Essie Honiball, ’n biografie oor dié mistieke denker, in 2010.

In 2016 reis Von Meck alleen deur Suid-Afrika en maak sewe maande lank opnames vir Afrikaans.com oor unieke variasies in Afrikaans. Sy durf weer die langpad aan in 2019, hierdie keer om onderhoude met boere in droogte te voer. Net voor die droogte my breek verskyn dieselfde jaar.

Op sestien het Von Meck haar pa oorsee gevolg. Sy het haar skoolrekord met Tipp-Ex vervals en nooit standerd agt voltooi nie. Deur genade alleen word sy later by John F Kennedy University in San Francisco toegelaat, waar sy marinebiologie en vergelykende godsdiens studeer. Later ver­werf sy ’n wettige BA-graad in argeologie aan die Universiteit van Kaapstad. Hierna volg ’n HOD en ’n meestersgraad in Antieke Oosterse Studies aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n dok­torsgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria.

In 2020 verskyn Die heelal op my tong.

 

 

Others also viewed

Now in its fifth edition, Sasol Birds of Southern Africa  has been brought fully up to date...
'Gripping! With a college campus setting, charming psychopaths, and a bitingly clever voice,...
A mother and daughter embark on a European trip that will change them forever in this emotional,...
WINNER OF THE PULITZER PRIZE FOR FICTION 2019   Moving through America’s history...