Search for your favourite author or book

Voëlvry

ISBN 
9781415201879
Format 
Paperback
Recommended Price 
R290.00
Published 
November 2015
About the book: 

Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op ‘n plaas in Namibië. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe.

Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake ‘n dramatiese wending. Dié nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat.

Intussen is ‘n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoënlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag – met bloedige gevolge.

Gou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond.

Other titles by this author 
About the Author

Piet van Rooyen is die skrywer van sewe romans en vier poësiebundels. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, wen die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisiein 1993.

Hy ontvang hiervoor ook die cna-prys vir ’n debuutroman. Die olifantjagters verskyn in 1997 en dié roman ontvang in 1998 die M-Net-prys.

Ander romans sluit in Gif (2001), Die brandende man (2002), Akwarius (2005), Etosha (2010) en Rodriguez (2012).

Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.

Others also viewed

Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim....
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te...
Ons weet almal hoe nuuskierig jong kinders is, veral oor die wêreld rondom hulle, en die...
Nuut van die uitgewers van verskeie topverkopergidse vir die slaag van jou leerling- en...