ONDER EMBARGO TOT 15 MEI 2026
Dis die jaar 2075. Wêreldoorloë oor natuurlike hulpbronne het lank gewoed. Party stede oor die wêreld heen is beter af as ander, te danke aan tegnologieë wat hulle ondersteun. In Suid-Afrika is die Kaapkom feitlik ‘n woestyn.
Kato is 17. Te danke aan sy pa se uitvindsel vir watersuiwering is hulle gesin welaf en kan goeie skoling bekostig. Eendag by die skool gebeur iets eienaardig – daar is ‘n groen kol op die grond ná Kato sy hand daar gehou het. Sy biologie-meneer sien dit ook raak. En wanneer Kato by die huis kom, wag sy meneer hom in. Die waarheid word onthul. Kato het spesiale kragte: Hy is ‘n Fluisteraar en kan nuwe plantegroei aanmoedig. Daar is net ‘n handjievol sulke mense in die...
Jacolet van den Berg studeer eers BSc. Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en maak dan ʼn wye draai van Londen tot Johannesburg voor sy en haar gesin hul voetholte in die Paarl vind. Haar onbehoorlike, kleintyd liefde vir stories en Afrikaans motiveer haar om haar hand uiteindelik in 2008 aan skryf te waag. Terwyl sy, haar man en hul drie seuns hul droom in die Boland leef, skryf sy verskeie liefdesverhale, romans en jeugboeke. Vir haar is die sprong tussen volwasse- en jeugfiksie pure genot.
Read more