Penguin Random House South Africa

Categories: Action & adventure, Afrikaans, Fiction, Local Fiction, Adult, Coming Soon!
ISBN: 9781779882066
Published: September 2026
Imprint: LUCA
Page Extent: 272
Format: e-Book
RRP 270.00

Ingekluis

Formats & Editions

About the book

Hoe los jy die poging tot jou eie moord vanuit 'n hospitaalbed op?

Privaatspeurder, Rikus Anker, word wakker in 'n veld; bebloed en vasgevang in 'n liggaam wat weier om te reageer. Hy kan nie beweeg of 'n geluid maak nie. Wat is fout met hom?

Uiteindelik word Rikus ontdek, en in die hospitaal kom die dokters tot die gevolgtrekking dat daar geen hoop vir Rikus is nie, en dat hy nooit weer 'n normale lewe sal kan lei nie. Maar tot sy frustrasie kan Rikus wel sien, hoor en dink, al kan hy dit nie oordra nie. Hy staar 'n eensame stryd in die gesig om nie toe te gee aan wanhoop nie terwyl hy probeer uitvind hoe hy in hierdie toestand beland het.

Erna, sy vasberade sekretaresse, glo dat hy sal herstel en probeer intussen haar bes om sy besigheid aan...

About the Author

Tertius Janse van Rensburg

Tertius Janse van Rensburg

Tertius Janse van Rensburg is 'n siviele ingenieur van beroep, 'n besproeiingsboer en wiskundedosent. Ná sy aftrede begin hy skryf en publiseer sy eerste novelle in 2000 in Huisgenoot en skryf ook daarna 'n klomp kortverhale. Sy groot deurbraak kom toe hy as die beste debuutskrywer in LAPA se jeugromankompetisie 2019 bekroon word. Hy skryf oor gewone mense wat in gewone situasies beland. Tertius is aktief betrokke by die kerk, Gideons Internasionaal en die ATKV. Hy is gelukkig getroud en hy het drie seuns en sewe kleinkinders.

Read more

More titles by this author