Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek.Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?” sê Assad. “Of op Instagram?”Hy is seker reg.“Nee,” sug ek.Vier tieners dra elkeen swaar aan ’n geheim. Tot die noodlot hulle op ’n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op magiese wyse aanraak.
Annelie Ferreira is ’n bekroonde jeugboekskrywer wat kan spog dat sy die MER-prys vir jeuglektuur in 2013 gewen het. Verskeie publikasies oor genres heen verskyn uit haar pen. Sy werk as ’n taalpraktisyn en skryf ook graag artikels en rubrieke. Annelie het in 2021 die LAPA-Jeugromankompetisie gewen met haar tienerroman Dit het alles begin by 'n hond.
Read more