Die afgelope tyd voel dit vir Adele asof ’n groot hand haar wêreld gevat en dit geskud het. Sedert die begin van die jaar vaar sy skielik vrot in kuns. By die huis voel dit asof dinge ook skielik verander. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af kom en ’n leeu in hulle tuin ontdek …
Lately, Adele’s world feels upside-down to her. Since the start of the new school year, she is suddently getting terrible marks for Art. Even at home, everything seems to be changing. And it all started the afternoon Adele came home from school and discovered a lion in their garden …
Annelie Ferreira is ’n bekroonde jeugboekskrywer wat kan spog dat sy die MER-prys vir jeuglektuur in 2013 gewen het. Verskeie publikasies oor genres heen verskyn uit haar pen. Sy werk as ’n taalpraktisyn en skryf ook graag artikels en rubrieke. Annelie het in 2021 die LAPA-Jeugromankompetisie gewen met haar tienerroman Dit het alles begin by 'n hond.
Read more