Penguin Random House South Africa

Annelie Ferreira

Annelie Ferreira

Annelie Ferreira is ‘n taalpraktisyn, skrywer van artikels en rubrieke – en ook die skrywer van pryswenner jeugromans.

Behalwe vir ‘n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg, het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal ‘n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ‘n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde.

Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir ‘n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir ‘n verskeidenheid uitgewers en publikasies.

Sy skryf artikels en rubrieke vir ‘n verskeidenheid publikasies. Sy tree op as samesteller en nie-fiksieskrywer, maar sy is veral beken vir haar pryswenner jeugromans. Annelie wen die Sanlam-prys vir jeuglektuur twee keer in 2012 en 2013. Sy ontvang ook die M.E.R.-prys vir jeuglektuur in 2013.

In 2024 wen sy LAPA se jeuglektuurkompetisie met Dit het alles begin by ‘n hond. Die verhaal word ook bekroon met ‘n SALA-toekenning in 2024.

Titles By this Author​

×