Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ’n mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneersy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook ditby Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar siensonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar synuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei metdie...
Jacolet van den Berg studeer eers BSc. Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en maak dan ʼn wye draai van Londen tot Johannesburg voor sy en haar gesin hul voetholte in die Paarl vind. Haar onbehoorlike, kleintyd liefde vir stories en Afrikaans motiveer haar om haar hand uiteindelik in 2008 aan skryf te waag. Terwyl sy, haar man en hul drie seuns hul droom in die Boland leef, skryf sy verskeie liefdesverhale, romans en jeugboeke. Vir haar is die sprong tussen volwasse- en jeugfiksie pure genot.
Read more