Stella is die slim meisie op hoërskool. Christel is die gewilde een. Hulle was vriende op laerskool, maar praat deesdae skaars met mekaar. Totdat ’n partytjie een naweek dinge laat ontrafel . Stella word Maandag by die skool begroet met ’n video wat Christel van haar geneem het wat soos ’n veldbrand op TikTok versprei. Stella konfronteer vir Christel, maar sy weier om die video af te haal. Hoekom doen Christel dit aan haar? Dinge loop erg skeef toe die polisie die volgende dag ’n lyk aantref. Skielik is almal verdagtes. Wie is regtig skuldig en wie nie? Net die tyd sal leer. Die algoritme is geaktiveer.
Algoritme van skuld was deel van die LAPA-Jeugromankompetisie-kortlys in 2025.
===
Stella is the smart girl in high school....
Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.
Read more