Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Kinder & Jeug, Young Adult
ISBN: 9781776354498
Published: September 2022
Page Extent: 160
Format: Paperback
RRP 220.00

Dit het alles begin by ’n hond

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek.Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?” sê Assad. “Of op Instagram?”Hy is seker reg.“Nee,” sug ek.Vier tieners dra elkeen swaar aan ’n geheim. Tot die noodlot hulle op ’n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op magiese wyse aanraak.

About the Author

Annelie Ferreira

Annelie Ferreira

Annelie Ferreira is 'n taalpraktisyn, skrywer van artikels en rubrieke - en ook die skrywer van pryswenner jeugromans.

Behalwe vir 'n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg, het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal 'n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook 'n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde.

Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir 'n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir 'n verskeidenheid uitgewers en publikasies.

Sy skryf artikels en rubrieke vir 'n verskeidenheid publikasies. Sy tree op as samesteller en nie-fiksieskrywer, maar sy is veral beken vir haar pryswenner jeugromans. Annelie wen die Sanlam-prys vir jeuglektuur twee keer in 2012 en 2013. Sy ontvang ook die M.E.R.-prys vir jeuglektuur in 2013.

In 2024 wen sy LAPA se jeuglektuurkompetisie met Dit het alles begin by 'n hond. Die verhaal word ook bekroon met 'n SALA-toekenning in 2024.

Read more

More titles by this author

×