Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799393699
Published: March 2019
Page Extent: 304
Format: e-Book
RRP 255.00

Eggo’s

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

’n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind

Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders ’n oase van liefde sal kan skep. Ná ’n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea ’n miniberoerte en beland in ’n koma in die hospitaal.

Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op ’n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in ’n liefdelose huwelik met ’n man wat haar soos ’n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy...

About the Author

Vita du Preez

Vita du Preez

Vita du Preez se eerste romanse As sterre blom het in 1996 verskyn terwyl sy voltyds as argivaris by die WNNR gewerk het. Daarna het verskeie titels uit haar pen die lig gesien. Skuiling van die hart is ’n persoonlike gunsteling van haar, en is ’n historiese roman wat tydens die Boereoor¬log afspeel. ’n Man vir Mia was ’n finalis vir die LAPA-liefdesverhaaltoekenning in 2005/2006.

Nadat sy in 2002 Kaap toe verhuis het, het sy vryskutvertaalwerk begin doen, wat later ’n heeltydse werk geword het. Sy het meer as sestig Mills & Boon en Har-lequin Intrigue-titels vertaal. Ná tien jaar in die bedryf het sy besluit genoeg is oorgenoeg en weer voltyds op haar skryfwerk begin fokus. Sy was lus vir ’n nuwe uitdaging en het besluit om ’n ander genre – liefdesro¬mans – aan te pak. Waar die son omdraai, haar eerste liefdesroman, het in 2014 verskyn. Tans skryf sy aan ’n reeks oor vier vroue waarvan die eerste twee Solitaire en Woestynroos reeds verskyn het.

Vita kry haar inspirasie uit die alledaagse, waar goeie en slegte goed met mense gebeur. Haar karakters is mense met wie moderne Afrikaanse vroue van alle ouderdomme kan identifiseer. Sy plaas hulle in realistiese situasies waar hulle met hedendaagse kwessies worstel wat alle vroue raak: verlies, egskeidings, swangerskappe, gesinsverhoudings, chauvinisme, uitdagings in die werkplek en natuurlik die liefde. Ge¬lukkige eindes, nes standvastige verhoudings, kan ons almal beskore wees as ons ons lewensvreugde, balans en humorsin behou, glo sy.

Deesdae woon Vita saam met haar man Riaan du Plessis in die Strand en wanneer sy nie skryf nie, maak sy tuin, lees en kuier saam met vriende.

Read more

More titles by this author

×