DIE BOEK
Kallie Kakkerlak is klein … maar sy planne is GROOT!
Toe tannie Chané een oggend vir Kallie Kakkerlak in haar blink kombuis sien, gil sy só hard dat die suiker sakke spat en die appels oor die vloer rol! Maar Kallie besluit sommer daar en dan: hierdie tannie moet ’n les leer!
Met sewe skreeusnaakse kaskenades laat hy tannie Chané harder en harder gil — van “kakkerlakvlerke” in ontbytkos tot vreemde verrassings in die badskuim! Maar wie gaan op die ou end die slimste wees: die mens of die kakkerlak?
Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades is ’n skaterlag-storie vol poetsbakkery, chaos en een baie dapper kakkerlak wat glo hy is ’n supergogga!
THE...
Riana Scheepers het verskeie topverkopers op haar naam in Suid-Afrika en ʼn gevestigde profiel as koerant- en tydskrifrubriekskrywer. Riana se werk word deur ʼn wye verskeidenheid lesers geniet en
waardeer.
Elsabé Ebersöhn vind inspirasie in die natuur. Sy het ʼn passie vir kinders, lees, kennis en om tyd saam met haar seuns te spandeer.
Read more