Hierdie aangrypende slaaptydstorie oor Meneer Klaasneus
se soektog na statuur neem kinders op ’n betowerende
maanligtoer deur die bosveld. Ervarings met beide behulpsame
en bedreigende diere neem die leser na die sprokieseinde, waar
Meneer Klaasneus snoesig en veilig in die bed is.
Hierdie bykomende volume tot David du Plessis se vroeë
Meneer Koning se Ongelooflike Reis sal kinders betower met
pragtige illustrasies. Du Plessis se goed waargeneemde diere
skets die vrede en onrus van die bosveld en die boeiende prente
sal ’n gunsteling by klein kindertjies wees.
Meneer Klaasneus se Reusagtige Vriend sal beslis ’n gereelde
storie vir slaaptyd wees!
Ook in Engels beskikbaar.
Charles de Villiers worked in computer systems design and is a published science writer. His ready and whimsical sense of humour finds focus in children's verse.
Read more
David du Plessis has illustrated (and also written) a number of books for children. His sensitive, evocative illustrations of wildlife introduce young readers to the magic of nature. David du Plessis het ‘n aantal kinderboeke geskryf en geïllustreer. Sy sensitiewe, ontlokkende illustrasies van die natuurwêreld stel jong lesertjies aan die betowering van die lewe bekend.
Read more