Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids sal onderwysers baie help met die analise, voorbereiding en aanbieding van die roman in die klas. Leerders kan ook die gids met vrug vir selfstudie gebruik. Literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek en getoets, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite, klasbesprekingspunte en navorsingsonderwerpe vir die Letterkundeprojek.
Marieta Nel, ’n voormalige onderwyseres, is ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoog-aangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die Perfekte Brander.
Read more