Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool. Die boek is ’n eerste van sy soort. Die boek gebruik tekste uit reeds gepubliseerde boeke soos Vrae en feite vir feitevrate en Idees vol vrees.
Marieta Nel, ’n voormalige onderwyseres, is ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoog-aangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die Perfekte Brander.
Read more