“Ons is die jong leeus. As ons môre teruggaan, bly ons hare hier agter. En saam met ons hare, alles wat ons voorheen verkeerd gedoen het. Ook dit wat hier op die berg gebeur. Tot môre geld hier geen wette vir ons nie. Ons kan met jou maak net wat ons wil. Verstaan jy dit? Net wat ons wil!”
Leon de Villiers is een van die mees bekroonde skrywers van kinder- en jeugboeke in Afrikaans. Hy is onder meer met die Scheepersprys, die Sanlamprys, die M.E.R.-prys, die ATKV-kinderboektoekenning, die C.P. Hoogenhouttoekenning en die Alba Bouwerprys bekroon. Van die kinderboeke wat uit sy pen verskyn het, sluit in Droomoog Diepgrawer, Die Groot Koelte, Erik en die kido-dinges, Parmant, Maroelaboomstories en Aliens en engele.
Read more