Penguin Random House South Africa

Categories: Children, Children's Non-Fiction, Klaskameraad, Local Non-Fiction, Teen, Afrikaans
ISBN: 9780639600406
Published: June 2020
Page Extent: 64
Format: Paperback
RRP 110.00

Wetenskaap

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

’n Vyte-boek vir almal. Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens. Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte. Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte! Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol...

About the Author

Leon de Villiers

Leon de Villiers

Leon de Villiers is een van die mees bekroonde skrywers van kinder- en jeugboeke in Afrikaans. Hy is onder meer met die Scheepersprys, die Sanlamprys, die M.E.R.-prys, die ATKV-kinderboektoekenning, die C.P. Hoogenhouttoekenning en die Alba Bouwerprys bekroon. Van die kinderboeke wat uit sy pen verskyn het, sluit in Droomoog Diepgrawer, Die Groot Koelte, Erik en die kido-dinges, Parmant, Maroelaboomstories en Aliens en engele.

Read more
Linki Brand

Linki Brand

Linki Brand hou van teken en stories. Sy is tydens die 1980’s in Potchefstroom gebore. Sy spandeer haar kinderdae in Pretoria en later Venterstad in die Bo-Karoo. Sy gaan studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwesuniversiteit en raak in die geheim opgewonde oor illustrasiewerk. Linki het vryskutwerk gedoen vanuit Bloemfontein, Hermanus en daarna Bettysbaai, Greyton. Later emigreer sy saam met haar gesin na Penicuik, Skotland. Linki, haar man, Werner, dogtertjie, Fia en seuntjies, Ben en Lukas, bly tans in Bergen, Noorweë.
Verskeie van Linki se illustrasies verskyn in internasionale kinderboeke asook in die boeke van plaaslike skrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Leon de Villiers en Wendy Maartens. In 2018 het sy onder andere illustrasies vir twee kinderboeke in die Verenigde Koninkryk gedoen en 'n strokiesprent in die 24 Panels bundel gepubliseer. Sy is ook in 2021 aangewys as een van die finaliste vir die Pendoringtoekenning vir haar ontwerpe.

Read more

More titles by this author

×