Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780639605937
Published: February 2021
Imprint: Romanza
Page Extent: 208
Format: e-Book
RRP 90.00

Tweede Viool

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Martlie haat haar werk, maar sy sal enigiets doen om te verseker dat haar sussie die geleenthede kry wat syself nooit gehad het nie. Al is dit om papegaaiwerk te doen. Dit help natuurlik ook nie dat sy lyk en voel soos ’n lawwe, veelkleurige parkiet tussen ’n klomp stemmige African Greys nie. Sy sou veel eerder heeldag heerlike geregte in ’n spogkombuis optower, maar sy is al so gewoond daaraan om tweede viool te speel dat dit haar eintlik nie meer pla nie. Haar kwaai baas, Jaco, is egter iemand om mee rekening te hou. Hy is onvriendelik, ongeduldig en ongelooflik aantreklik. Sy kan nie eens meer haar vervelige werk in vrede doen nie!

About the Author

Salma Swanepoel

Salma Swanepoel

Salma Swanepoel hou daarvan om tussen haar mense te wees. Sy geniet eenvoud en orde, al ontwyk laasgenoemde haar gedurig, en sy het ’n lawwe streep wat nie altyd bedwing wil word nie. Salma glo ’n mens het daagliks geloof, hoop, genade en liefde nodig om te oorleef. Sy probeer verhale skryf wat elk ’n stukkie ewigheidswaarde sowel as humor bevat.

Read more

More titles by this author